Posts

Restarting my blog!

I have been playing around with the idea of a blog for sometime now, but wasn't sure if anyone would really read it, or if I had anything to say that couldn't already be found on the internet. But then I found that I still had this blog from 2011 that I had to write about my exchange period in Gent, Belgium, and that not a lot off people read it (only my mum made one comment), but mostly that I couldn't care less. It was fun to do 7 years ago, and probably more fun to read it 7 years later again. Therefore audience please enjoy, whoever you might be! (Maybe just me) My blog will be a personal blog, about what's on my mind, and will most probably be about running and our new house, only a week until we get the key! Sometimes other current matters might be touch on to give Tom a break and have a platform to articulate my opinion or share my frustrations about Trump, Brexit and short winter days. Looking forward to my running and blogging journey, hope you do too! 

Filmfestival Gent - Mossel's - Halloween!

Afbeelding
Woensdag was dit net mooi 'n maand gelede wat die introduksie begin het! Aan die een kant kan ek nie glo dit is al 'n maand gelede nie, aan die ander kant voel ek so thuis in Gent en met my vriende dat dit voel asof ek al jare hier studeer! Die feit dat al my Stellenbosch vriende die week klaar maak met klasse en die eksamens om die draai is laat my werklik besef die tyd vlieg! Melktertjie@international dinner, saam met Hugo Intussen het ek heel wat interessant dinge gedoen in Gent, soos die internationale dinnee. Al die internationale student het 'n gereg gemaak van eie bode en dit saam gebring om mekaar te laat proe. Ek het besluit op melktertjies, die mikrogolf resep wat ek by my ma gekry het, en dit was 'n enorme sukses! Ons melktertjies was heel eerste op so ek dink ons kan trots wees op onsself! Later die aand was daar 'n flag party, en vir die mense soos ek wat nie weet wat dit beteken nie, jy moet aantrek aan in die kleure van jou vlag. Kyk vir Suid-

Die eerste week van klasse in Gent!

Afbeelding
Maandag begin ek 1 uur die middag eers met klas. Maar het dan dadelik 3 uur Macro-economie, en glo my hulle speel nie rond nie! Daar is ’n kort inleiding en dan begin ons al in die eerste klas werklik werk. Na ’n uur en kwart is ’n vinnige pouse en net voor 4 is hy klaar met alles wat hou ons vir die dag wou vertel. Hierna volg financiële analyse van de onderneming wat ook weer ‘n 3 uur klas is van 4 tot 7 die aand. Waar die eerste 3 uur redelik vinnig gegaan het word die laaste 3 uur heel wat langer, veral omdat ek begin honger word en niks meer het om te eet in die kort pouse nie. Dit sal my leer as ek die klasse wil by woon en nog iets leer sal ek meer kos moet saam vat. Maar kwart voor 7 die aand is ek klaar met my eerste dag klas in Gent, was die 3 uur klasse toe nie so verskriklik nie, en gaan eet ek saam met my vriende in “de Brug” studente resto. My Nederlandse vriende Daar is een van die module wat ek wou volg wat geskuif het na die 2 de semester, en ek kom dit eers agte

Introduksie tyd!

Afbeelding
Praatjes ;) 20 September begin die introduksie in Gent! Die oggend so teen 10 uur se kant kom al die uitwisselings studente by mekaar in die grootste lesingssaal van die universiteit van Gent, ook wel die Ufo genaamd. Almal kry ’n plakker met daarop ’n vlag van die land waar jy vandaan kom, die naam van die land (vir wie die vlag nie herken nie) en wat jy studeer.  Ons word toegespreek deur verskillende mensen oor elk denkbare onderwerp wat van toepassing kan wees op alle uitwisselings studente in Gent. Verblyf, sport, kampus mediese dienste, Nederlandse klasse, inskrywing by die universiteit, inskrywing by die stad Gent, fiets verhuur en nog meer onderwerpe! Werklik ’n lang sit maar baie interessant en nodig vir die meeste studente.  Vrijdag markt Die middag is daar ’n aparte program per fakulteit waar meer vertel word oor hoe jy moet inskryf vir die module, hoe jy modules moet verander, waar jy hulp kan kry, en waar die fakulteit biblioteek en rekenaar area is. Daarna is daar

My eerste weke in Gent!

Afbeelding
My lesenaar My kamer Woonkamer Kombuis Tram 4 binne kant Bus stasie Die naweek verken ek Gent ’n bietjie, rig my kamer in, en ontdek tram 4! My sogenaamde groen lyn deur die “lewe” (ook wel Gent genoem vir nou).Die halte is so 2 minute van my huis af, hy ry stasie toe, en Korenmarkt (stad/winkel centrum) toe. As ek verdwaal soek ek net tram 4 en dan weet ek hoe om by die huis te kom! Dinsdag begin ek werk soek en woensdag begin ek by Bayer werk. In Astene so 16 km uit Gent uit. Aan die begin is ek bietjie bang om so ver fiets te ry, aangesien ek die omgewing glad nie ken nie en bang is ek gaan te laat kom as gevolg van nie verdwaal nie, maar te veel verkening  so vroeg in die oggend. J So die eers week gaan ek met die tram/trein/bus werk toe. Maar dit vat lank! Baie lank.. ek moet 8 uur by die werk wees, en om betyds daar te kan wees met die tram/trein/bus moet ek 6 uur al omtrent by di

Vertrek na Europa

Afbeelding
Omdat ek in Nederland gebly het vanaf 1998 tot Junie 2009, het ek heelwat Nederlandse vriende. Ek besluit om 6 weke voordat klas begin reeds na Europa te gaan sodat ek by vriende kan gaan kuier en kan werk in België. Saam met n vriendin uit Nederland, wat ’n maand by my kom kuier het in Suid-Afrika, vlieg ons vanaf Kaapstad, oor Dubai na Dusseldorf in Duitsland waar haar ouers ons kom haal. Die eerste 2 weke kuier ek by vriende in Nederland, en is eindlik verbaas oor hoe baie nog die selfde is.  Behalwe dat my vriende natuurlik ook klaar is met skool en orals in die land studeer is die dorp waar ek gebly het nog eindlik presies die selfde as wat dit was toe ek 2 jaar gelde daar weg gegaan het. Almal waarsku my dat as ek oor 4 jaar terug kom dit heeltemaal anders gaan wees... ek sal maar teen die tyd sien waar op aarde ek dan is! Wat ek die meeste geniet is om weer my fiets te hê en ooral te kan gaan waar ek wil met my fiets. Daar is oorals fietspade, die karre gee jou voorrang, dis

Voorbereiding

Om by die begin te begin, moet ek terug gaan na Januarie/Februarie 2011. Dis net na JOOL tyd, die klasse is besig om te begin en almal probeer hulle reg te maak vir ’n nuwe akademiese tyd in Stellenbosch, of sal ek dit eerder studente tyd noem, ook die internationale studente! Al vinnig ontmoet ek ’n paar internationale studente by die uitgaan in by die eerste rugby wedstryd van die jaar. Dis vir my heerlik om hulle bietjie meer oor Suid-Afrika te kan vertel, en om hulle te kan help om makliker reg te kom in Stellenbosch. Ook geniet ek dit om weer Nederlands te kan praat met die Nederlanders en Belge. Die internationale studente is hier om iets nuuts te ontdek so hulle kuier baie, maar verken ook die omgewing, wil leer braai en Afrikaans praat. Hulle lewenslus en breek van die alledaagse spreek my aan. Maar nog het ek nie die idee om op uitwisseling te gaan nie... Maar dan op n dag in April loop ek deur die Neelsie en staan daar n paar universiteite van orals oor die wereld wat die st