Posts

Posts uit mei, 2011 tonen

Voorbereiding

Om by die begin te begin, moet ek terug gaan na Januarie/Februarie 2011. Dis net na JOOL tyd, die klasse is besig om te begin en almal probeer hulle reg te maak vir ’n nuwe akademiese tyd in Stellenbosch, of sal ek dit eerder studente tyd noem, ook die internationale studente! Al vinnig ontmoet ek ’n paar internationale studente by die uitgaan in by die eerste rugby wedstryd van die jaar. Dis vir my heerlik om hulle bietjie meer oor Suid-Afrika te kan vertel, en om hulle te kan help om makliker reg te kom in Stellenbosch. Ook geniet ek dit om weer Nederlands te kan praat met die Nederlanders en Belge. Die internationale studente is hier om iets nuuts te ontdek so hulle kuier baie, maar verken ook die omgewing, wil leer braai en Afrikaans praat. Hulle lewenslus en breek van die alledaagse spreek my aan. Maar nog het ek nie die idee om op uitwisseling te gaan nie... Maar dan op n dag in April loop ek deur die Neelsie en staan daar n paar universiteite van orals oor die wereld wat die st