Posts

Posts uit september, 2011 tonen

Introduksie tyd!

Afbeelding
Praatjes ;) 20 September begin die introduksie in Gent! Die oggend so teen 10 uur se kant kom al die uitwisselings studente by mekaar in die grootste lesingssaal van die universiteit van Gent, ook wel die Ufo genaamd. Almal kry ’n plakker met daarop ’n vlag van die land waar jy vandaan kom, die naam van die land (vir wie die vlag nie herken nie) en wat jy studeer.  Ons word toegespreek deur verskillende mensen oor elk denkbare onderwerp wat van toepassing kan wees op alle uitwisselings studente in Gent. Verblyf, sport, kampus mediese dienste, Nederlandse klasse, inskrywing by die universiteit, inskrywing by die stad Gent, fiets verhuur en nog meer onderwerpe! Werklik ’n lang sit maar baie interessant en nodig vir die meeste studente.  Vrijdag markt Die middag is daar ’n aparte program per fakulteit waar meer vertel word oor hoe jy moet inskryf vir die module, hoe jy modules moet verander, waar jy hulp kan kry, en waar die fakulteit biblioteek en rekenaar area is. Daarna is daar