Posts

Posts uit oktober, 2011 tonen

Die eerste week van klasse in Gent!

Afbeelding
Maandag begin ek 1 uur die middag eers met klas. Maar het dan dadelik 3 uur Macro-economie, en glo my hulle speel nie rond nie! Daar is ’n kort inleiding en dan begin ons al in die eerste klas werklik werk. Na ’n uur en kwart is ’n vinnige pouse en net voor 4 is hy klaar met alles wat hou ons vir die dag wou vertel. Hierna volg financiĆ«le analyse van de onderneming wat ook weer ‘n 3 uur klas is van 4 tot 7 die aand. Waar die eerste 3 uur redelik vinnig gegaan het word die laaste 3 uur heel wat langer, veral omdat ek begin honger word en niks meer het om te eet in die kort pouse nie. Dit sal my leer as ek die klasse wil by woon en nog iets leer sal ek meer kos moet saam vat. Maar kwart voor 7 die aand is ek klaar met my eerste dag klas in Gent, was die 3 uur klasse toe nie so verskriklik nie, en gaan eet ek saam met my vriende in “de Brug” studente resto. My Nederlandse vriende Daar is een van die module wat ek wou volg wat geskuif het na die 2 de semester, en ek kom dit eers agte