Posts

Posts uit augustus, 2011 tonen

My eerste weke in Gent!

Afbeelding
My lesenaar My kamer Woonkamer Kombuis Tram 4 binne kant Bus stasie Die naweek verken ek Gent ’n bietjie, rig my kamer in, en ontdek tram 4! My sogenaamde groen lyn deur die “lewe” (ook wel Gent genoem vir nou).Die halte is so 2 minute van my huis af, hy ry stasie toe, en Korenmarkt (stad/winkel centrum) toe. As ek verdwaal soek ek net tram 4 en dan weet ek hoe om by die huis te kom! Dinsdag begin ek werk soek en woensdag begin ek by Bayer werk. In Astene so 16 km uit Gent uit. Aan die begin is ek bietjie bang om so ver fiets te ry, aangesien ek die omgewing glad nie ken nie en bang is ek gaan te laat kom as gevolg van nie verdwaal nie, maar te veel verkening  so vroeg in die oggend. J So die eers week gaan ek met die tram/trein/bus werk toe. Maar dit vat lank! Baie lank.. ek moet 8 uur by die werk wees, en om betyds daar te kan wees met die tram/trein/bus moet ek 6 uur al omtrent by di

Vertrek na Europa

Afbeelding
Omdat ek in Nederland gebly het vanaf 1998 tot Junie 2009, het ek heelwat Nederlandse vriende. Ek besluit om 6 weke voordat klas begin reeds na Europa te gaan sodat ek by vriende kan gaan kuier en kan werk in België. Saam met n vriendin uit Nederland, wat ’n maand by my kom kuier het in Suid-Afrika, vlieg ons vanaf Kaapstad, oor Dubai na Dusseldorf in Duitsland waar haar ouers ons kom haal. Die eerste 2 weke kuier ek by vriende in Nederland, en is eindlik verbaas oor hoe baie nog die selfde is.  Behalwe dat my vriende natuurlik ook klaar is met skool en orals in die land studeer is die dorp waar ek gebly het nog eindlik presies die selfde as wat dit was toe ek 2 jaar gelde daar weg gegaan het. Almal waarsku my dat as ek oor 4 jaar terug kom dit heeltemaal anders gaan wees... ek sal maar teen die tyd sien waar op aarde ek dan is! Wat ek die meeste geniet is om weer my fiets te hê en ooral te kan gaan waar ek wil met my fiets. Daar is oorals fietspade, die karre gee jou voorrang, dis