Posts

Posts uit november, 2011 tonen

Filmfestival Gent - Mossel's - Halloween!

Afbeelding
Woensdag was dit net mooi 'n maand gelede wat die introduksie begin het! Aan die een kant kan ek nie glo dit is al 'n maand gelede nie, aan die ander kant voel ek so thuis in Gent en met my vriende dat dit voel asof ek al jare hier studeer! Die feit dat al my Stellenbosch vriende die week klaar maak met klasse en die eksamens om die draai is laat my werklik besef die tyd vlieg! Melktertjie@international dinner, saam met Hugo Intussen het ek heel wat interessant dinge gedoen in Gent, soos die internationale dinnee. Al die internationale student het 'n gereg gemaak van eie bode en dit saam gebring om mekaar te laat proe. Ek het besluit op melktertjies, die mikrogolf resep wat ek by my ma gekry het, en dit was 'n enorme sukses! Ons melktertjies was heel eerste op so ek dink ons kan trots wees op onsself! Later die aand was daar 'n flag party, en vir die mense soos ek wat nie weet wat dit beteken nie, jy moet aantrek aan in die kleure van jou vlag. Kyk vir Suid-