Voorbereiding

Om by die begin te begin, moet ek terug gaan na Januarie/Februarie 2011. Dis net na JOOL tyd, die klasse is besig om te begin en almal probeer hulle reg te maak vir ’n nuwe akademiese tyd in Stellenbosch, of sal ek dit eerder studente tyd noem, ook die internationale studente! Al vinnig ontmoet ek ’n paar internationale studente by die uitgaan in by die eerste rugby wedstryd van die jaar. Dis vir my heerlik om hulle bietjie meer oor Suid-Afrika te kan vertel, en om hulle te kan help om makliker reg te kom in Stellenbosch. Ook geniet ek dit om weer Nederlands te kan praat met die Nederlanders en Belge. Die internationale studente is hier om iets nuuts te ontdek so hulle kuier baie, maar verken ook die omgewing, wil leer braai en Afrikaans praat. Hulle lewenslus en breek van die alledaagse spreek my aan. Maar nog het ek nie die idee om op uitwisseling te gaan nie...

Maar dan op n dag in April loop ek deur die Neelsie en staan daar n paar universiteite van orals oor die wereld wat die studente wil vertel oor die moontlikhede om elders hulle masters of ’n uitwisseling te doen. Baie spesifieke inligting kry ek nie daar nie, maar die saadjie is geplant! As die klomp internationale studente in Stellenbosch kan kom studeer dan kan ek dit mos ook doen. My soektog begin, die eerste plek is die website van die universiteit.Website van Stellenbosch oor uitwisselinge. Ek kyk na die universiteite wat op die lys staan, en weet dit is wat ek wil doen! Die volgende stap is om na Huba toe te gaan en te begin met die prosedure.

Al vinnig is dit duidelik dat Gent die beste sal werk vir my. Die tyd vlieg die eksamens kom al hoe nader en daar is baie goed wat gereël moet word. Vir elke module wat ek in Suid-Afrika sou volg in die 2de semester moet ek n soortgelyke module kry in Gent, dan moet ek toestemming kry by die betreffende departement dat hulle ook daadwerklik vir my krediete daarvoor gaan gee. Na heel wat e-pos verkeer oor en weer is ook dit gereël! Dan die laaste maar  beslis nie die maklikste gedeelte nie, die vliegtuigkaartjie en verblyf. Na lank soek kry ek n kamer op die privaat mark in Gent, hulle het universiteit verblyf, maar laat al die internationale studente in een “koshuis” bly, en ek wil eerder Belge ontmoet en in ’n kleiner huis bly. Soos die toeval is kry ek ’n meisie uit België om my kamer in Stellenbosch te huur vir die semester! 


Die wereld is werklik klein.


Nou nog net my eksamens skryf, vakansie hou en Gent dan kom ek! 

Reacties

Populaire posts van deze blog

Restarting my blog!

Vertrek na Europa

My semester in Gent! Of soos dit hier genoem word op ERASMUS gaan...