Introduksie tyd!

Praatjes ;)
20 September begin die introduksie in Gent! Die oggend so teen 10 uur se kant kom al die uitwisselings studente by mekaar in die grootste lesingssaal van die universiteit van Gent, ook wel die Ufo genaamd. Almal kry ’n plakker met daarop ’n vlag van die land waar jy vandaan kom, die naam van die land (vir wie die vlag nie herken nie) en wat jy studeer. 
Ons word toegespreek deur verskillende mensen oor elk denkbare onderwerp wat van toepassing kan wees op alle uitwisselings studente in Gent. Verblyf, sport, kampus mediese dienste, Nederlandse klasse, inskrywing by die universiteit, inskrywing by die stad Gent, fiets verhuur en nog meer onderwerpe! Werklik ’n lang sit maar baie interessant en nodig vir die meeste studente. 
Vrijdag markt
Die middag is daar ’n aparte program per fakulteit waar meer vertel word oor hoe jy moet inskryf vir die module, hoe jy modules moet verander, waar jy hulp kan kry, en waar die fakulteit biblioteek en rekenaar area is. Daarna is daar n klein funksie om die fakulteit mentors te ontmoet, en ook die ander internasionale studente wat in die selfde fakulteit gaan studeer. Daar is veral ongelooflik baie Spanjaarde en ’n paar Duitsers. Ongelukkig gaan ek nie saam met een van die studente klas hê nie, omdat ek 2de en 3de jaars module in Nederlands gaan volg. Maar dis nog steeds lekker om die mense te ontmoet. 
Tram kabels
Die volgende oggend kom ons weer by mekaar, en word ook daar word ons weer deur verskillende mense toegespreek oor verskillende onderwerpe. Onder andere vertel die ESN, international exchange, Erasmus Student Netwerk Gent oor wat hulle alles doen en hoe ons betrokke kan raak. Ons is in groepe opgedeel deur ’n nommer wat op ons plakker staan, en in die groepe kry ons in rondleiding deur Gent. Dis werklik ’n heerlike ervaring, die son skyn, ook al val daar ’n paar druppels reeën, en daarmee is dit dan ook die ideale geleentheid om oor Gent te leer en ander studente te ontmoet. Stadig maar seker begin ek meer en meer vertrou voel met die midde stad van Gent. Ons word gewys op die “3 torens” van Gent.
De 3 torens van Gent
Ook van al die verskillende pleine waar daar baie oulike kroegies is om ’n bier of kriek te drink saam met vriende word op ons die hoogte gebring. Kriek is ’n pienk bier wat gegeur word met kriek kersies. Werklik ’n lekker bier vir die nie bier drinkers onders ons, of vir almal wat meer van ’n ietwat soeter smaak hou. Na die toer gaan ons weer terug na die Graslei, ’n stroompie wat deur Gent stroom waarlangs mens kan sit en waar verskye kroegies is. Die aand is daar ’n gratis ete vir alle internationale studente in een van die studente resto’s. Studente resto’s is werklik goedkope restaurante waar studente en universiteit personeel kan eet. Om die dag af te sluit is daar ’n partytjie by die Porter House, die saamkom kuier plek van die ESN. ’n Pragtige afsluiting vir 2 dae van slegte engels praat en hoor, en mense van reg oor die wereld ontmoet!
Vrydag het ek nog die kensmaking met die fakulteit waaraan ek landbou ekonomie gaan volg. Ook hier ontmoet ek weer baie interessante mense, en weet ek nou darem waar ek klas gaan hê. Die hele universiteit het geboue deur die hele stad, die meeste is redelik naby mekaar, maar die fakulteit waar ek landbou ekonomie het is redelik ver van die ander fakulteit af, so ek sal moet fiets ry tussen my klasse.
Vlasmarkt
Na drie besige dae is dit ’n rustige Vrydag aand! Saterdag oggend gaan kyk ek rugby saam met ’n paar Iere, Afrikaaners, New Zeelanders en ’n Nederlandse meisie. 
Werklik ’n internationale geseldskap en heel gesellig. Die res van die naweek voel ek soos ek regte toeris, wat die kerke besoek, die restaurante uitprobeer en heerlik op verskillende terasjes ’n biertjie drink en die son geniet saam met my nuwe vriende! Almal is maar bietjie skrikerig vir maandag en daar word gepraat oor die roosters en die klasse wat 3 uur is.

Niemand weet werklik wat op ons wag maandag, maar dit druk nie die pret nie en maandag is eers.. maandag!



Reacties

Populaire posts van deze blog

Restarting my blog!

Vertrek na Europa

My semester in Gent! Of soos dit hier genoem word op ERASMUS gaan...