Die eerste week van klasse in Gent!

Maandag begin ek 1 uur die middag eers met klas. Maar het dan dadelik 3 uur Macro-economie, en glo my hulle speel nie rond nie! Daar is ’n kort inleiding en dan begin ons al in die eerste klas werklik werk. Na ’n uur en kwart is ’n vinnige pouse en net voor 4 is hy klaar met alles wat hou ons vir die dag wou vertel. Hierna volg financiële analyse van de onderneming wat ook weer ‘n 3 uur klas is van 4 tot 7 die aand. Waar die eerste 3 uur redelik vinnig gegaan het word die laaste 3 uur heel wat langer, veral omdat ek begin honger word en niks meer het om te eet in die kort pouse nie. Dit sal my leer as ek die klasse wil by woon en nog iets leer sal ek meer kos moet saam vat. Maar kwart voor 7 die aand is ek klaar met my eerste dag klas in Gent, was die 3 uur klasse toe nie so verskriklik nie, en gaan eet ek saam met my vriende in “de Brug” studente resto.
My Nederlandse vriende
Daar is een van die module wat ek wou volg wat geskuif het na die 2de semester, en ek kom dit eers agter toe ek in die verkeerd klas in loop, ek het soos ’n regte eerste jaar gevoel! Die lektore praat duidelik en is goed verstaanbaar. Af en toe sukkel ek om mede studente te verstaan, aangesien hulle meer in aksente praat en nie so goed artikuleer nie. Maar aan die einde van die week het ’n finale module keuse, en begin ek ook my mede studente beter verstaan. Ja ek moet sê ek sien kans vir die semester. Die res van die week is daar ongelooflik baie nuwe indrukke, baie werk, en ’n kroege tog. Tydens die kroege tog wat deur die ESN aangebied word laat hulle ons 5 verskillende biere proe by 5 verskillende kroege/bars. Party biere is so donker en bitter dat dit eindlik ondrinkbaar is. Maar wanneer die kriek gebring word is al die meisies bly en kan hulle ook weer werklik ’n slag iets proe!


Venga Boy's tydens student kick-off
Woensdag is die offisieel student kick-off met onder andere optrede van die Venga boy's. Ons gaan kyk na die Venga boy's en gaan dan weer park toe om te geniet van die laast paar sonskyn dae in België dis werklik heerlik. Daar is altyd iets besig in die park, mense wat draf, jongleer of oor n tou probeer loop, mense wat met die hond gaan stap, of kinders wat rond speel, heerlik om te ontspan na 'n besige dag. Tydens die student kick-off is daar ongelooflik baie mense, en wat is altyd n probleem waar ongelooflike baie mense by mekaar kom.. viral daar waar bier in die spel is? Toilette! Nouja daarop het die universiteit 'n goeie oplossing, blykbaar word dit baie by festivals in Europa gebruik, maar vir my was dit 'n eerste keer!


Openbare mans toilette, tydens student kick-off
Saterdag gaan ry ek saam met Ian en Hugo fiets langs rivier de Schelde. So bly soos ek was toe ek my fiets gekry het so maand en ’n half terug. So geniet Ian dit om fiets ry, dis vir hom die eerste keer om so fiets te ry. Die omgewing is pragtig, die weer is heerlik. Ons ry na die dorpie Oudenaarde toe, en eet daar middagete. Na middag ete begin ons aan die terug pad waar duidelik word dat die fiets ding, vir herhaling vatbaar is. Daar word al klaar nuwe planne gemaak om weer te gaan fiets ry. Ons kry selfs ’n naam die “SA biker club”. Hugo besluit daar mag ander nationaliteit ook toegelaat word om saam te ry, maar dit bly ons club! Terug in Gent werk ons uit hoe ver ons omtrent gery het en dit blyk so om en by 100 km te wees. Ek dink ons kan tevrede wees! 
"Fietsen" met  Ian en Hugo

De Schelde

In die park na klas!
Volgens die weer voorspelling is maandag die laaste werklike son skyn dag.., seker 'n goeie ding, dit moet een of ander tyd winter word, en so kan die aandag geleidelik verskuif na akademie!

Reacties

Populaire posts van deze blog

Restarting my blog!

Vertrek na Europa

My semester in Gent! Of soos dit hier genoem word op ERASMUS gaan...