Filmfestival Gent - Mossel's - Halloween!

Woensdag was dit net mooi 'n maand gelede wat die introduksie begin het! Aan die een kant kan ek nie glo dit is al 'n maand gelede nie, aan die ander kant voel ek so thuis in Gent en met my vriende dat dit voel asof ek al jare hier studeer! Die feit dat al my Stellenbosch vriende die week klaar maak met klasse en die eksamens om die draai is laat my werklik besef die tyd vlieg!
Melktertjie@international dinner, saam met Hugo



Intussen het ek heel wat interessant dinge gedoen in Gent, soos die internationale dinnee. Al die internationale student het 'n gereg gemaak van eie bode en dit saam gebring om mekaar te laat proe. Ek het besluit op melktertjies, die mikrogolf resep wat ek by my ma gekry het, en dit was 'n enorme sukses! Ons melktertjies was heel eerste op so ek dink ons kan trots wees op onsself! Later die aand was daar 'n flag party, en vir die mense soos ek wat nie weet wat dit beteken nie, jy moet aantrek aan in die kleure van jou vlag. Kyk vir Suid-Afrika is dit maklik, dit beteken basies jy kan enige iets aantrek behalwe pers en pienk. Ongelukkig het die meeste hulle nie juis veel gesteur daaraan nie en het net 'n vlaggie laat teken op hulle wang. Maar die wat volgens die tema aangetrek het, het dit werklik goed gedoen.

'n Redelike rustige twee weke volg. 11 Oktober begin die filmfestival in Gent. filmfestival gent, website Ek is so bly ek het besluit om daar te werk! Dis lekker om deel te kan wees van so 'n groot en lekker projek. Die filmfestival is van 11 tot 22 Oktober en daar word op 10 verskillende plekke gedurende die dag flieks gewys. Die eerste fliek is die oggend 10 uur en die laaste flieks begin half 11. Dis flieks wat orals in die wereld gemaak is, daar is self n Afrikaanse fliek! Skoonheid, nie my persoonlike smaak nie, maar laat jou dink, en is werklik goed gemaak.

Andreas my grote boet en Ante kom kuier n naweekie vir my in Gent! Baie lekker om so bietjie besoekers te kry. Ongelukkig moet ek heel wat werk so bietjie min tyd op te kuier, maar ek waardeur hulle besoek. Hierdie tyd van die jaar word daar baie mossels geeet en natuurlijk wil ook ek weer 'n slag dit probeer. Ek kon glad nie onthou hoe om dit te maak nie, maar ek dink ek kan se dit was n groot sukses en het dit lekker saam met Ian geeet!



Intussen is dit al meer as n week later voordat ek verder kan spryf. So was dit alweer Halloween, natuurlik weer n goeie rede om n lekker partytjie te hou. Net om julle te laat deel in die pret sal ek so 1 of 2 foto's daarvan opsit. Vanaand is dit my kot feestje, huis partytjie! So ek's seker daar sal vinnig meer nuus daaroor volg. :)

Reacties

  1. Hoi Lien, ek het ook weer 'n slaggie my blog bygwerk, so kyk gerus. Bly jy geniet jou verblyf daar en hoop die "kot-fees" is 'n sukses.

    BeantwoordenVerwijderen

Een reactie posten

Populaire posts van deze blog

Restarting my blog!

Vertrek na Europa

My semester in Gent! Of soos dit hier genoem word op ERASMUS gaan...