My eerste weke in Gent!

My lesenaar

My kamer

Woonkamer

Kombuis



Tram 4 binne kant
Bus stasie












































































Die naweek verken ek Gent ’n bietjie, rig my kamer in, en ontdek tram 4! My sogenaamde groen lyn deur die “lewe” (ook wel Gent genoem vir nou).Die halte is so 2 minute van my huis af, hy ry stasie toe, en Korenmarkt (stad/winkel centrum) toe. As ek verdwaal soek ek net tram 4 en dan weet ek hoe om by die huis te kom! Dinsdag begin ek werk soek en woensdag begin ek by Bayer werk. In Astene so 16 km uit Gent uit. Aan die begin is ek bietjie bang om so ver fiets te ry, aangesien ek die omgewing glad nie ken nie en bang is ek gaan te laat kom as gevolg van nie verdwaal nie, maar te veel verkening  so vroeg in die oggend. J So die eers week gaan ek met die tram/trein/bus werk toe. Maar dit vat lank! Baie lank.. ek moet 8 uur by die werk wees, en om betyds daar te kan wees met die tram/trein/bus moet ek 6 uur al omtrent by die huis vertrek. 



Gelukkig ontmoet ek ’n meisie wat ook in Gent bly en vanaf die Saterdag ry ek fiets werk toe. Werklik heerlik en sommer ook ontspanning na ’n lang werkdag. 

Die volgende 3 weke werk ek daar en dan begin die introduksie tyd!

Reacties

Populaire posts van deze blog

Restarting my blog!

Vertrek na Europa

My semester in Gent! Of soos dit hier genoem word op ERASMUS gaan...