Vertrek na Europa

Omdat ek in Nederland gebly het vanaf 1998 tot Junie 2009, het ek heelwat Nederlandse vriende. Ek besluit om 6 weke voordat klas begin reeds na Europa te gaan sodat ek by vriende kan gaan kuier en kan werk in België. Saam met n vriendin uit Nederland, wat ’n maand by my kom kuier het in Suid-Afrika, vlieg ons vanaf Kaapstad, oor Dubai na Dusseldorf in Duitsland waar haar ouers ons kom haal. Die eerste 2 weke kuier ek by vriende in Nederland, en is eindlik verbaas oor hoe baie nog die selfde is. 


Behalwe dat my vriende natuurlik ook klaar is met skool en orals in die land studeer is die dorp waar ek gebly het nog eindlik presies die selfde as wat dit was toe ek 2 jaar gelde daar weg gegaan het. Almal waarsku my dat as ek oor 4 jaar terug kom dit heeltemaal anders gaan wees... ek sal maar teen die tyd sien waar op aarde ek dan is! Wat ek die meeste geniet is om weer my fiets te hê en ooral te kan gaan waar ek wil met my fiets. Daar is oorals fietspade, die karre gee jou voorrang, dis plat so dis baie maklik en vinnig om fiets te ry, wat ’n vryheid! Die weer is darem nie te sleg nie. Europa het n slegte somer gehad, maar wat hulle die “na zomer” noem is baie lekkerder as wat hulle hele somer eindlik was.
26 Augustus is dit tyd om Gent, België toe te gaan! Gelukkig is my broer Andreas en Ante so vriendlik om saam met my met die trein Gent toe te reis. Vanaf Apeldoorn die dorp waar ek die afgelope 2 weke gekuier het is dit so 4 ure met die trein. My fiets, my enorme koffer en nog ’n handbaggasie koffer gaan saam, so alleen sou ek nie maklik in Gent gekom het nie.. Die trein rit verloop heel goed en hoe nader ek aan Gent kom hoe meer opgewonde raak ek. 


Ek ry vanaf die stasie met my Google maps aanwysinge na my huis toe, en het werklik geen idee of ek na die regte plek toe gaan nie. Sodra ek Watervlietstraat inry sien ek dadelik my huis! Die huis met die plante voor die deur, ’n groot oplugting vloei deur my liggaam! Ek’s in Gent by my huis! Andreas en Ante kom met die bus en bring my bagasie. Hulle kuier die dag nog by my, maar gaan die aand huis toe, en dan is ek alleen in


Gent.. my avontuur begin nou werklik.

Hoe sal dit wees, sal ek n werkie kry vir die volgende 3 weke, sal ek vinnig vriende maak. Sal ek die mense verstaan?

Reacties

Populaire posts van deze blog

Restarting my blog!

My semester in Gent! Of soos dit hier genoem word op ERASMUS gaan...